Promoters


ANEL DU PLESSIS

Anel du Plessis het haar diploma aan die Spraak- en Dramagilde van Suid-Afrika verwerf, en bestuur haar eie dramaskool in Pretoria vir die afgelope drie jaar.  Sy het ‘n hele aantal kinderproduksies geskryf en die regie daarvan waargeneem, waaronder Aap ui die mou, Die Kersfeesboks, Sprokie en Rymklets Karnaval en Honkedonk en Lappelop.  In 2012 het sy by Rooi Drom Produksies-toneelgeselskap aangesluit, en vertolk rolle in hulle klugte Die Waterwyser en Die Proponentjie, wat onderskeidelik by die Atterbury- en Brooklynteaters opgevoer was.  In 2013 deel sy die verhoog met Hannes Brümmer (te sien in 2012 se My Vrou se Man se Vrou) en Melt Sieberhagen in die skerpsketsproduksie Rocken Skerp.

Winkel