Promoters


BOTHA ENSLIN

Die talentvolle Botha Enslin het in 2003 sy dramakwalifikasie aan die Technikon van Pretoria (nou TUT) verwerf en was die afgelope paar jaar veral besig met kinderteater, met bykans 30 van die produksies onder die belt. “Kinderteater leer 'n kind om in hierdie tyd van hoë tegnologie weer kind te wees,” sê Botha. “Dit laat 'n kind droom en verbreed sy verbeeldingswêreld”. Botha was sedert 2010 (en is steeds!) te sien in Lefra Produksies se Liewe Heksie, waarin hy ‘n paar rolle vertolk. Behalwe sy optredes in kinderproduksies, was Botha onder andere te sien in Houtkruis - Die Musical en Jonathan Taylor se 2010 produksie Dogs of the Blue Gods. Hy is ‘n bekende gesig op televisie met verskeie advertensies agter sy naam, en rolle in die onder andere die sepies Generations en Rhythm City, en natuurlik as die fopdosser Thalula in Erfsondes! Hy het ook die rol van Speurdersersant Slater vertolk in 2013 se My Vrou se Man se Lyk se Tas en verlede jaar was hy te sien as Stanley Gardener in My Boetie se Sussie se Ou.

Winkel