Ana van Achterbergh

Ana van Achterbergh het haar B-Tech Diploma in Drama en Film verwerf aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) in Pretoria. Haar liefde en passie vir drama kom al van kleintyd af waar sy op laer- en hoërskool aan elke kunswedstryd en eistedfodd deelgeneem het, kultuurstêr geword het en die toekenning as beste redenaar en akteur in haar Hoërskool. Toe sy elf-jaar oud was, het sy die drama afdeling op die televisieprogram Star Search gewen. Ana is natuurlik ook Suid-Afrika se Liewe Heksie, en speel reeds sedert 2010 in die produksie. Ana was voorheen radio omroeper by Oos-Rand Stereo 93.9FM en het die regie van verskeie ATKV-tonele behartig en kortfilms geskryf. Ana was te sien as Mary is verlede jaar se My Boetie se Sussie se Ou.

Phillru van Achterbergh

Phillru van Achterbergh maak die geselskap van My Boetie se Boetie se Boetie se Baba voltallig. Hy studier Drama aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en is tans ‘n deel van die groep Rembrandt van rijn. Die verhoog is vir hom egter ‘n bekende plek, en het hy in 2002 in die stuk Horings gespeel, wat in daardie jaar by die KKNK op die planke was. Phillru het verlede jaar vier toekennings ontvang tydens die universiteit se Rostrum Roulette-fees ontvang, waaronder die groot toekenning as Akteur van die Jaar nie. Hy herhaal die sege ook en ontvang die TUT Departmenet van Uitvoerende Kunste se toekenning as die algehele beste speler in die department.

Botha Enslin

Die talentvolle Botha Enslin het in 2003 sy dramakwalifikasie aan die Technikon van Pretoria (nou TUT) verwerf en was die afgelope paar jaar veral besig met kinderteater, met bykans 30 van die produksies onder die belt. “Kinderteater leer ‘n kind om in hierdie tyd van hoë tegnologie weer kind te wees,” sê Botha. “Dit laat ‘n kind droom en verbreed sy verbeeldingswêreld”. Botha was sedert 2010 (en is steeds!) te sien in Lefra Produksies se Liewe Heksie, waarin hy ‘n paar rolle vertolk. Behalwe sy optredes in kinderproduksies, was Botha onder andere te sien in Houtkruis – Die Musical en Jonathan Taylor se 2010 produksie Dogs of the Blue Gods. Hy is ‘n bekende gesig op televisie met verskeie advertensies agter sy naam, en rolle in die onder andere die sepies Generations en Rhythm City, en natuurlik as die fopdosser Thalula in Erfsondes! Hy het ook die rol van Speurdersersant Slater vertolk in 2013 se My Vrou se Man se Lyk se Tas en verlede jaar was hy te sien as Stanley Gardener in My Boetie se Sussie se Ou.